Camelus Ondersteuning: Navigeer deur die Toekoms van Volstruisboerdery

Posted by Camelus Grondstowwe on

 

CAMELUS ARTIKEL 01 - 09

Beste Volstruis Kliënt

CAMELUS ONDERSTEUNING EN KONSULTASIES


Camelus word daagliks genader van kontrak grootmakers tot slagters met verskeie versoeke oor koste berekeninge,  vrae, vrese  en onduidelikhede wat nou ontstaan het oor die toekoms van hulle volstruisbelange weens die nuwe vel graderings norme  en die ekonomie van volstruis produksie in geheel.

 Die bedryf staan in die aanvang van die nuwe kuikenproduksie seisoen en verskeie besluite moet geneem word.  Camelus  poog om sover moontlik onpartydige inligting  te gee wat tans in die mark gesien word en wat die effek daarvan op eindrealisasies vir die kuikengrootmaker en slagter kan beteken

Camelus se doel is om boere,  voedingsverwante opsies met toepaslike kostes te gee sodat die produsent dan self die besluit kan neem oor huidige boerdery praktyke en toekomstige  aanpassings en planne ten einde volstruis boerdery as ‘n winsgewende eenheid te kan bly bedryf.

Camelus stel dus nou ‘n internet diens beskikbaar waar kliente ons direk kan kontak met enige verwante behoeftes wat daar mag ontstaan in daaglikse volstruisboedery praktyke.

 

KONTANTVLOEI EN ROUMATERIAAL BEPLANNING

Ons gratis voervloei  en koste beplanning sluit in:

-Koste berekening tov van volstruis produksie in verskillende groei stadia   

( bv 0 – 35 kg, 0 – 90 kg ens.)

-Maandelikse roumateriaal behoefte beplanning volgens u huidige voëlgetalle

-Maandelikse en jaarlikse kontantvloei beplanning volgens  beskikbare plaas voëlgetalle, roumateriale en die kostes waarteen dit bekom kan word.

Wees verseker dat alle inligting van kliënte streng vertroulik hanteer word.  Die doel van die diens is om elke produsent instaat te stel om te kan beplan en besluite te kan neem op inligting wat uniek is aan sy plaas omstandighede, werklike omgewings kostes van roumateriale en sy beplande stadium van verkoop of slagting.

So indien daar so ‘n behoefte  bestaan is u welkom om ons per epos te kontak. 

 

NUUTSTE VOEROPSIES VIR VOERKRAAL EN WEIDINGS MET VERSKEIE GRANE

Camelus het sy reeks produkte uitgebrei sodat verskeie roumateriale wat moontlik in u omgewing beskikbaar kan wees optimaal aangewend kan word. Dit sluit produkte in soos gars, korog, hawer, koring, mielies en lupiene vir voerkraal, weidings en ook met gebruik van kuilvoere.   Indien u belangstel om van ons nuutste voerformules te bekom, kan u net op ons epos reageer en die toepaslike inligting sal dadelik vir u terug ge-epos word.   Indien u spesifieke rantsoene geformuleer wil hê volgens jou huidige plaas roumateriaal kostes, verskaf die inligting en ons doen die res.

 

CAMELUS AGRI

Dit is ook vir my aangenaam om u mee te deel dat CAMELUS weer voortaan die CAMELUS Agri tydskrif van die verlede beskikbaar stel met die nuutste toepaslike voedings en gesondheids verwante inligting en verskeie ander  aspekte van volstruisproduksie.

Dit sal ‘n verkorte enkel artikel bydrae wees wat ons wil poog om maandeliks te versprei via eposse na alle belangstellende volstruis kliënte.  Dit sal ook later op ons webtuiste gestoor word vir verwysing.

Ek dank u vir die geleentheid om voortaan met u per epos te kommunikeer en verneem ek hoe Camelus vir u van diens kan wees.

Groetnis

Fanus Cilliers ( PhD. Agric., Pr. Nat. Sci.)

Camelus

Tel 044 272 2413

Sel 083 261 8760

Email : fanus.cilliers@camelus.co.za

Newer Post →